2010
Omoto and Adrenalin Struisbaai 5 Spesie Rock and Surf Angling
Media Berig
Home.Media Berig.Fotos.Sponsors.Results.Fish Stats.Contact Us.
2010-03-02 - Struisbaai 5 Spesie media vrystelling - Marius Munnik - Ashton Hengelklub -  0827721980

Die jaarlikse Struisbaai 5 Spesie Rots and Strand Hengel kompetisie wat aangebied word deur Ashton Hengelklub het op Saterdag 27 Februarie 2010 plaasgevind.  Die doel van die hengelkompetisie is om hengel as n familie sport te ontwikkel en die jeug betrokke te kry.

Die organiseerders het besluit om dit meer as net n hengelkompetisie te maak nadat die Struisbaai Geelstertfees gekanselleer is. Die tema het toe van n hengelkompetisie na n hengel fees te verander.

Die hengel fees is baie goed ondersteun met deelnemers wat van sovêr as die Vrystaat gekom het om te kom hengel. In totaal het 523 hengelaars ingeskryf met 46 dame en 122 junior hengelaars. Die getalle is n bewys dat die kompetisie in sy doelwitte geslaag het. Om 122 juniors aan n Rots en Strand kompetisie te laat deelneem is sekerlik n Suid Afrikaanse rekord.

Junior span inskrywings is ontvang van Robertson Herberg, Laerskool Zoetendal, Laerskool Bredasdorp, Hoërskool Bredasdorp, Laerskool Struisbaai, Stilbaai hengelklub and Ashton Hengel klub.

Die kompetisie het Saterdagoggend om 05H00 met n sterk suidoos begin. Die meeste vis was gevang by “Die Plaat”, “Vlei se Bank” en “Die Walle”.
Die kinders is op die hawe muur gehelp deur ouers en hengelaars. Dit was fantasties om die ywerigheid en toewyding van die kinders waar te neem. Die kinders het presente soos visstokke, T-Shirts, waterbottels, hamburgers en koeldranke ontvang verskaf deur Sasko, Downings Marquee Hiring,  Omoto, Adrenalin, Ashton Hengelklub en Peninsula Beverages.
 
Die prysuitdeling het om 18H00 plaasgevind met n skare van tussen 600 – 700 wat fantasties is vir n hengel kompetisie.
Van die uitslae is:
Juniors wenners - 1.Jaco Beselaar 5.66kg,  2.Pieter jv Rensburg 3.14kg,  3.Saggie van Ass 2.11kg,  4.Francois Munnik 2.08kg,  5.Sein Arends 1.42kg,   6. Henk van Niekerk 1.4kg,   7. Stefan Munnik 1.24kg,   8. Albert van Jaarsveld 1.11kg,   9. Muhammed Adam 0.88kg 10. Stefano Plaatjies 0.18kg
Junior Spanne  –  1. Zoetendal Akademie met 5.66kg, 2. Ashton 0/16 A met 3.32kg, 3. Struisbaai Primer A met 1.42kg.
Swaarste Kabeljou - Chrisjan Smith 11.76kg
Swaarste Belman - Jaco Beselaar 3.12kg
Swaarste Steenbras - Manfred Kroh 3.90kg
Swaarste Mosselkraker - Errol van Tonder 3.96kg
Swaarste Kolstert - Neil Maggot 1.12kg
Swaarste ander spesie - Dirk Rabie, Elf,  3.92kg
Team with Swaarste Weight - Pearly Beach Barrel Span, 25.00kg. Met 10 kabeljoue
Meeste van 5 Spesies gevang  -  Ena Walters.
Meeste vis vrygelaat - R Cronje, 4 vis

Die organiseerders wat die fees moet geluk gewens word met hulle reëlings, hengel ontwikkeling en pryse wat gewen is deur die hengelaars. Die 5 Spesie is nou die voorste rots and strand hengel kompetisie in die Wes Kaap, iets wat die Overberg en Breerivier area opreg kan trots wees.

Die fees is afgesluit met n lekker Saterdagaand ete en dans met die Eggos wat die musiek verskaf het.